Boeregebied / Boer-Area

Boeregebied (Afrikaans)

Verklaring  vir publikasie

deur Dr. Willem van Heerden1

Aan die begin van April, 2019 is 'n Verklaring aan die media uitgeryk: Dit handel oor veelvolkigheid, met spesiale verwysing na die Afrikanervolk. Soos volg: 
        
Veelvolkigheid
Ons woon in ‘n land van vele volke, wat vir ons voordelig kan wees  indien  toepaslike erkening deur die Regering daaraan gegee word.  

Erkenning om in eie gebiede te woon en te werk

Daar is individue van volke wat verkies om in eie gebiede betrokke te wees. Waar hulle getalle reeds dit regverdig, behoort so ‘n groep in ‘n spesifieke area te kan woon, ‘n area met ‘n bepaalde politieke struktuur --  Zoeloes in Noord Natal, die Khozas (Transkei), Noord Sothos in Noord Transvaal, Khoisan in Noordwes. Almal sou hierby kon inval, om daar hul eie identiteit uit te leef. Swaziland en Lesotho bestaan reeds binne die grense van Suid-Afrika en het reeds ‘n vaste politieke struktuur. Ander behoort ook by 'n vaste struktuur uit te uitkom.
  
Daar is ook Afrikaners wat verkies om in eie gebiede betrokke te wees, om in ‘n goeie deel daar te woon, en die res elders. Mens kan sê dis Boere-Afrikaners, of kortweg net Boere. Die Boere, wat teen Engeland hul land verdedig het in die Anglo-Boere oorlog,  die land as boere bewoon en bewerk het, geywer het vir hulle taal, gestry het vir hulle eie instansies.  Mag dit so beskik word. So bid ons tot God.

Selfbeskikking

Selfbeskikking vir die Afrikaner is in die Grondwet ingebou. ‘n Eie Boere-gebied is ons reg.

Waar is die gebied?

Afrikaners is oor ‘n wye gebied versprei. Maar daar is heelwat konsentrasie areas van Afrikaners, soos in Pretoria-Centurion wat die nucleus van so ‘n gebied kan vorm.

Moontlike positiewe gevolge

Daar sal met meer vrymoedigheid saamgewerk en geskakel word met ander volke wat soortgelyke eie gebiede het, waar ons saamwerk aan die onwikkeling van die hele land, met die eie gebiede daarbinne.   Al die volke deel die gemeenskaplike behoefte om te oorleef in hierdie mooi land van ons en ons kan met wedersydse samewerking baie meer vermag.

 *******

 1Dr WM van Heerden

(willem@diemoot.net) het in die 1970’s die gedagte van Afrikaner groeipunte ge-inisiëer. Afrikaners sou vestig in groeipunte op verskillende plekke, wat daarna sou uitbrei om ‘n eie land vir Afrikaners te word. Sulke aksies het inderdaad ontstaan nadat SABRA ingeskakel het by die gedagte, waarna die “Vereniging van Oranjewerkers” gestig is. Die basiese beginsels van "ook die eie" woeker steeds voort. 

*******

Boere-Area (English)

Statement presented to the media for publication

By Dr Willem van Heerden1

At the beginning of April 2019 a statement to the media was presented for publication. It dealt with the nations in our country, with special reference to the Afrikaner nation. As follows:

Many nations

We are many different nations living  in South Africa. It is an advantage and should be acknowledged by the Government.

Acknowledgement to live and work in own areas

There are individuals of nations who choose to be involved within their own areas. If there are nations whose numbers of individuals are sufficient, they should be able to live in a specific area under their own local government: Zulus in northern Natal, Xhosas in Transkei, North Sotho’s in northern Transvaal, Khoisan in north western Cape. There they can  live out their own identity. We already have the Swazis, and Sotho’s with their own areas within the borders of SA, with definite political structures. The others mentioned should also come to a more structured order.

There are also Afrikaners who choose to be involved in their own area. They are Boere who defended their country against England, farmed the land, worked for their language and culture and their own people. Their descendants, we, want to be able to live in our own area, a Boere-area, under a structured political system. We so pray to God!

Self determination

Self-determination  for the Afrikaner was built into the constitution. Our own ‘heimat’ is our right.

Where is this area?

Afrikaners are dispersed over a large part of our country. But there is a heavy concentration in Pretoria-Centurion which could form the nucleus -- a centre of growth and development.

Possible positive outcome

There can be more open-heartedness working together with other nations who have their own areas, for the common good and development of the rest of our country.  All of us have much in common trying to live, in our own way, in this beautiful country of ours. And much can be achieved by mutual co-operation.

********

Dr WM van Heerden 

(willem@diemoot.net) initiated the idea of Afrikaner growth-points, starting in the 1970’s in order to eventually get an Afrikaner country out of the former whole country. Such growth-points were indeed established. This was done after SABRA agreed with the idea, which resulted in the establishment of “die Vereniging van Oranjewerkers” or just “Oranjewerkers.” The principles are still being realized where ever we work together at new initiatives, with the same aim.

********

Verduideliking van Boeregebied


Basiese uitgangspunte

Vooraf: Indien u nog nie die Afrikaanse- of Engelse verklaring, oor 'n Boeregebied gelees het nie, lees dit dan liewer eers voordat u hierdie 'Basiese uitgangspunte' lees, wat hier aangebied 'Boeregebied.
1.       Eie volke is Bybels verantwoordbaar, soos, o.a. in Gen. 10 en 11 aandui: "in hulle geslagte," met hulle tale. Onder Afrikaners is daar sommige met ‘n eie sterk volksbewussyn wat Boere genoem kan word. Ander kan daarin groei met meelewing met die Afrikaner se geskiedenis, hul wel en wee--ook meelewing met ons huidige stryd..
2.       Dit lyk of ons eie volksbetrokkenheid ‘n  groeiproses sal moet wees. Die beste manier om aan die gang te kom is moontlik om ‘n eie volksgebied na te streef en om saam met ander volke te werk wat in hul eie gebiede is. Elke volksgebied bevat net 'n deel van sy eie mense. Só ook die voorgestelde Boeregebied.
3.       Ons eie, die Boeregebied, behoort ‘n deel van Pretoria te wees, wat verder uitbrei. Dit sal waarskynlik nie oral aaneenlopend wees nie. Dis egter nie al nie. Daar kan ook ander gebiede wees. 

Daar is al redelike publisiteit aan die Orania gebied gegee. Die gebied lyk aantreklik en werk goed vir 'n gemeenskap. Daar is ook reeds goeie dinge gedoen en kan so aangaan. 'n Ander soortgelyke gebied is Kleinfontein, wat natuurlik ook kan aangaan, in dié geval, as deel van 'n groter gebied.

 Omdat mense, wat begin dink aan 'n eie land vir die Afrikaner, onmiddellik dink aan Orania, wil ek daaroor kommentaar lewer. Dié gebied is nie geskik om 'n eie land vir die Afrikaner te word nie, ook nie eers vir 'n groot eie Boeregebied nie. Want, dit sou te stadig werk en nie genoeg uitbrei nie. Trouens, ek het dit al in 1981 uitgewys in 'n verslag oor waar groeipunte behoort te wees, en die Volkstaatraad (ongeveer 1997) wat drie jaar daaroor besin het, het dit grootliks beaam.  Die hoofredes is o.a. dat die afstand van die gebied te groot is na die mark en vanaf produksie middelle (by die PWV). Dit beteken dat die vervoerkoste te hoog is vir ekonomies kompeterende produksie. En daarby: ons het nie 'n agtergrond van steun, soos Amerika het vir Israel nie.
.
Daar is ook 'n ander rede as afstand. Dit het geblyk dat om met niks af te begin en 'n gebied op te bou vir ons omstandighede nie prakties is nie. Daar sal nie  die nodige groeiproses aan die gang gesit kan word nie.

Die beste metode, om volksgebiede (Boeregebiede) aan die gang te kry is om dit in digbewoonde dele te doen waar Afrikaners reeds woon en werk. Daar is dan reeds werksgeleenthede, ook vir nuwelinge. Dáár kan hulle hul Afrikaner-identiteit uitleef en met die tyd groepeer met ander wat dit ook doen.

Onthou, egter, dat in enige huidige gemeenskap daar ook Engels-sprekendes is wat tussen Afrkaners woon. Ook Afrikaners wat glad nie belangstel in 'n eie Boeregebied nie. Daar sal ook mense wees wat daar werk en elders woon. Maar dit alles maak nie saak nie. Boere kan tussen ander hul eie dinge doen. En mettertyd sal die getalle Boere oorheersend word.

 Vanaf die punt dat 'n gemeenskap besluit om 'n Boeregebied te wil wees, sal die konentrasie van Afrikaners daar mettertyd moet vermeerder -- minder vreemdes wat daar woon en werk. Vandag sal dit makliker wees as jare gelede omdat mense nou bereid is om vir laer salarisse te werk.
,
 Die metode van uitbreiding vir 'n Boeregebied sal waarskynlik deur konsolidasie van gemeenskappe wees sodat daar meer Afrikners as vreemdes moet wees. Getalle sal belangrik wees. Wetlike bekragtiging sal kom as die tyd daarvoor ryp is. Die afgelope Vyf-en-twintig jaar, vanaf  Jan. 2019, was volksbewusbaarheidsaksies op die agtergrond. Baie Afrikaners is oorsee en ander is besig met skole-aksies, beveiliging, kerksake en om te probeer oorleef in nuwe werksomstandighede. Sodra daar 'n mate van ewewig bereik is tussen al die huidige aksies sal daar weer meer tyd wees vir volksake.